Bookbot

Dana Snyman

    Hiervandaan
    Onder die radar, stories uit ons land
    • Onder die radar, stories uit ons land

      • 218 stron
      • 8 godzin czytania

      Dana Snyman skryf met sy kenmerkende humor en patos oor die lewens van gewone mense, mense wat onder die radar leef, ly en liefhet. Die boek is in drie afdelings verdeel: Stanings, Oordenkinge en Reise.

      Onder die radar, stories uit ons land
      4,2
    • Hiervandaan

      • 171 stron
      • 6 godzin czytania

      In die oopte anderkant Laingsburg hou ek langs die pad stil. Ek druk Pa se nommer. Sy selfoon lui en lui, vir ’n paar oomblikke is daar ’n stilte, en dan kom sy stem sag van die ander kant af: “Hallo ... Hallo.” Hy is nog in die kamer, weet ek sommer. “Ek lê nog,” sê hy. “Die ou asem is weer baie kort vandag. Waar is jy?” “Tussen Laingsburg en Beaufort-Wes,” sê ek. “Onthou net, ek is saam met jou in die kar, ou Seun. Ek sit daar langs jou. Jou pa is gedaan, jong.” ’n Stilte. “Waar’s jy nou op pad heen?” “Ek dink Pofadder toe, Pa.” “Pofadder? Ai, Seun. Hoekom?” “Ek wil kyk wat het die bankroof aan die mense gedoen.” “Wanneer kom jy huis toe? Ons wag vir jou.” My bakkie het ek die nodigste: klere, ’n skootrekenaar, ’n kamera, notaboeke. Ek wil hierdie land waaroor ons so praat en praat, weer ’n slag aan die lyf voel. Ek wil weet of ek nog hier hoort.

      Hiervandaan